A broken poet

Monday, November 12, 2007

Net oor jou hartjie dood is...

Beteken nie, dat myne ook hoef te wees nie!

Net oor jou droom nie waar geword het nie...
Beteken dit nie jy kan myne van my wegvat nie!

Jy wou nie laat ek 'n argument wen nie, nie een nie...
En hoe meer ek verloor, hoe meer grond vat jy van my weg.

Tuesday, November 06, 2007

Please. Leave me here...


Jy is...

Jy laat die aarde om en om draai
Selfs wens ek, my klein tydjies saam met jou
kon langer aanhou...
My klein rukkie skemer tussen dag en nag
Die maan wat my middernag stappie wandelbaar maak
My sonskyn
Jy is die oomblik, wat 'n roos sy blommetjies oopvou
My eerste sluk water na 'n verlorene
wandel in die woestyn
Die grootste druif in die beste bottel wyn
Jy verskuil my siel, ek wil al my geheime met jou deel
Ek het al my geheime met jou gedeel
Jou linkermondhoek halfsmile, lyk soos die litteken oor jou hartjie
Waar die dokter helfte van my hart vir jou gegee het
om op te pas en te beskerm
Ek en jy, langbroek, en kaalvoet in Campsbay
Ek is, want jy is.