A broken poet

Monday, June 04, 2007

Sinne wat nie sin maak nie

Voel asof ek al vir ewig wag
Soos die keer,
wat Dawn,
se liggaam,
in die see,
weggedryf het...

Wag nou nog vir haar
Om terug te kom


En nou, alles voel so ernstig en rerig
Soos die keer wat my hart gebreek het

En alles voel so seer en verkeerd
Soos die keer wat jy nie wou bly nie


Ek is 'n alleenloper, langs die snelweg
Vermy oogkontak, vermy jou hulp
Ek wil net loop, en ek wil verlore raak
Aanhou met rook
Todat my longe versmoor
Todat 'n engel my sien, en vir my lug gee

Ek wil nie bly nie
Nie todat jy my kan terugvat nie
Selfs nie eers dan nie
Wou nader trek, om jou meer te kan sien
Jy het my vermy
Nou bly ek nader, en probeer jou ook vermy

Sonbrille om my trane weg te steek
Selfs al is dit donker buite
Ek drink koffie in die hoek
Sodat niemand verby my
hoef te loop nie
Maar as ek jou sien
Sal ek nog steeds my hand opsteek

Loop saam met my water toe
Een laaste keer
En help my, myself verdrink
Net een van ons kan terug kom
En ek wil he, dit moet jy wees

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]



<< Home