My verlore terlantyn
My hart en siel is verwronge, gebreek, versmeer en verbruik.
My moed en emosies, rus op jou skouers, en wat jy vir my gaan se.
'n Alleen verliefde, wat vir jou hart in 'n lee swembad sal duik.
Om met gebreekte bene en organe, 'n heel hart weer te kan he.
Jy het 1% van my liefde ontgroei, terwyl ek die ander 99% wegsteek.
Weggesteek om dit te spaar, en rente bymekaar te maak.
'n Plantjie wat ek in my hart, water, mee praat, en kweek.
Wat eendag so hoog sal groei, hy sal jou hart in die hemel kan raak.
Maar, iemand anders het in 3 weke, jou hart gebreek.
En jy wil nie he, ek moet die fyn deeltjies optel nie.
Selfs al vat ek deeltjies van my hart, om in jou hartjie se krake te steek.
Nou is ek alleen, met 'n onvoledige hart, jou briefies, en jou memory.
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home